Universiteit van die Vrystaat

Universiteit van die Vrystaat

Motto:In Veritate Sapientiae Lux
Motto in Afrikaans:In waarheid is die lig van wysheid
Gestig:1904
Tipe:Openbare universiteit
Kanselier:Prof Bonang Mohale
Rektor:Francis Petersen
Studente:27 600
Ligging:Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika
29°06′16″S 26°10′31″O / 29.10444°S 26.17528°O / -29.10444; 26.17528
Voormalige name:Grey-universiteitskollege
Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat
Universiteit van die Oranje-Vrystaat
Kleure:          Rooi en blou
Bynaam:Kovsies
Webtuiste:http://www.ufs.ac.za/
Hoofgebou van die Universiteit van die Vrystaat met standbeeld van pres. M.T. Steyn voor die ingang

Universiteit van die Vrystaat (UV) is 'n universiteit wat in Bloemfontein, die hoofstad van die Vrystaat, Suid-Afrika, geleë is. Studente verwys na hulself as "kovsies".

Die Universiteit se kampus word soms as 'n akademiese dorp beskryf, omrede alle lesingsale, laboratoria, kantore, koshuise, sport- en studentefasiliteite, en 'n opleidingshospitaal binne loopafstand in 'n veilige kampus geleë is. Die kampus is op sy beurt naby Bloemfontein se stadskern geleë.

Die universiteit is in 2010 deur Webometrics as die 9de beste universiteit in Suid-Afrika, en as die 2095ste beste ter wêreld aangewys.[1]

Die Johannes Stegman Kunsgalery is op die kampus geleë.

  1. "Top Africa". Ranking Web of World Universities. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Junie 2012. Besoek op 26 Februarie 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search